NamePierre Mouton
Telephone No0845567812
E-mail AddressEmail Agent
Operating AreaBougainvillea Estate Specialist Rose Acres Estate Specialist Green Acrea Estate Specialist Montana Specialist
NotesJust Imagine Eiendomme stel Bekend... Pierre Mouton is 'n "Master Property Practitioner" in diens van Just Imagine Eiendomme. Hy is onlangs aangewys as die top agent in die kategorie agent met ongekwalifiseerde assistent deur die Instituut vir Eiendoms Agente Suid Afrika (IEASA) Noord. Vorige werks ervaring sluit in sy posisie as bevelvoerder van die Mediese eenheid wat 'n mediese diens lewer aan die President van Suid Afrika, die Vise President van Suid Afrika en verskeie ander hoog geplaasde persone in die top bestuur van Suid Afrika. Die beginsels wat hy hier geleer het pas hy net so toe in die eiendoms bedryf naamlik om elke persoon met die hoogste agting en respek te hanteer. Verder is professionele gedrag vir hom van kardinale belang. Pierre is tans die waarnemende President van IEASA Noord en hier is dit vir hom belangrik om etiese beginsels in die bedryf te bevorder. Pierre verwerf verskeie voorgraadse en nagraadse kwalifikasies meestal aan die Universiteit van Pretoria wat tekenend is van sy deursettings vermoe en strewe daarna om voortdurend opleiding te ondergaan. Posisie, status en kwalifikasie is egter vir hom van geen en nul waarde as daar nie ook n besef is dat niks moontlik was en is sonder die Genade van Christus nie. Pierre is tans die eiendoms spesialis in Bougainvillea Estate, Green Acres Estate en Rose Acres Estate. Hy hanteer ook Montana en die ou Telkom Park (Montana Tuine.)
Picture