NameWerner Van Deventer
Telephone No0826139596
E-mail AddressEmail Agent
Operating AreaWaverly Specialist Villeria Specialist Moregloed Specialist Bergtuin Specialist
NotesJust Imagine Eiendomme stel bekend... Werner van Deventer is die Eiendom Spesialis van Just Imagine Eiendomme verantwoordelik vir Waverley en Villieria in die Oos-Moot ongewing. Hy het 2015 aangesluit by Just Imagine Properties en is geregistreer by IEASA (Instituut van Eiendoms Agente) Hy is al vanaf 1990 in die area en het in Villieria, Kilnerpark en Waverley gewoon. Hy besit nog eiendom in Waverley en sy kinders gaan skool by Laerskool Voorpos en Kwetterkousies - aangrensend aan Laerskool Villieria. Eiendom was nog altyd vir hom n belangstelling en het oor die jare persoonlike beleggings in huise en komplekse gemaak in die area. Hy glo dat “Eiendom” is een van die veiligste beleggings!! Hy is n gekwalifiseerde Bedryfsingenieur(Tukkies) met 'n Meestersgraad in Bestuur(MBL- Unisa). Sy belangstelling in eiendom, kwalifikasies en 20 jaar korporatiewe ervaring in senior bestuursposisies by Sasol, 3M, Bosal en Mittal het hom toegerus om n suksesvolle besigheid te vestig en te bestuur vir Just Imagine Properties in die Moot. Werner en sy vrou Carien werk ook as n span in die Moot. Carien is n Senior Argitekstegnoloog en bedryf al vir 10 jaar haar eie besigheid – Eiendom is ons passie! Sy is gebore en het skool gegaan hier in die Moot. Die Moot het baie voordele vir eienaars en beleggers en is vir hom n uitstekende area/geleentheid om Just Imagine Properties te laat groei. Met uitstekende skole, verskeie kerke en winkelsentrums is die area nog baie gewild en besig om te ver”jonk” met nuwe intrekkers in die Moot. Professionele en goeie kliente diens is kardinaal vir Werner en is die sleutel tot sukses vir Just Imagine Properties. Ons as gesin is so dankbaar vir die fantastiese geleentheid saam met Theo en span en vertrou God volkome om te sorg en voorsien vir ons as Just Imagine Properties span. Kontak gerus vir Werner vir enige Eiendoms verwante navrae ( Waardasies, Koop, Verkoop en Verhurings)
Picture