NameNeil Froneman
Telephone No0829628536
E-mail AddressEmail Agent
Operating AreaSinoville Houses Specialist Annlin Houses Specialist
NotesJust Imagine Eiendomme stel bekend... Neil Froneman is 'n nuwe toevoeging tot die Just Imagine Eiendom span. Alhoewel hy die eiendomsmark eers onlangs as 'n voltydse eiendoms spesialis betree het, is hy al die afgelope 12-jaar betrokke in die eiendomsmark as 'n belegger en eiendomskonsultant. Hy is 'n geoktrooieerde rekenmeester van beroep en deel van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Vorige werkservaring (plaaslik, asook internasionaal) sluit in verskeie poste by vooraanstaande firmas soos KPMG, Barclays Bank (Londen), Virgin Media (Londen), asook ABSA Bank (onlangs 'herdoop' as "Barclays Africa Group Limited" op die Johannesburgse Effekte Beurs). Die etiese beginsels wat hy geleer is as deel van sy professionele kwalifikasie, asook tydens sy privaat sektor loopbaan, pas hy toe in die eiendomsbedryf as 'n riglyn vir sukses. Hy glo in eerlikheid, respek, opregtheid en vertroue as basiese hoekstene in mens se beroep, ongeag die aard en omvang daarvan. Neil se gesin is vir hom 'n prioriteit en genoegsame kwaliteit tyd saam met hulle is ononderhandelbaar. Hy geniet ook die buitelewe en bly aktief deur gereeld te gaan gym, asook tennis/tafeltennis te speel wanneer die geleentheid hom voordoen. Neil is die eiendoms spesialis in Sinoville en Annlin.
Picture