SHOWING ARTICLE 23 OF 41

Dream Team Doen Hul Deel vir Diere

Category Just Imagine Properties Team

Die ekonomiese verwoesting deur 2020 se COVID-19 pandemie gesaai het ons as die mensdom gedwing om saam te kom - selfs al moes ons dit op 'n afstand doen - en het empatie en solidariteit in elke hart gekweek, en Pretoriase eiendemonsagentskap Just Imagine Eiendomme het dit op hulleself geneem om 'n helpende hand te verleen aan van die samelewing se mees kwesbare lede, ondermeer diere.

Die verhouding tussen Just Imagine en Wollies - 'n niewinsgewende organisasie in die noorde van Pretoria wat honde en katte huisves totdat hulle uiteindelik aangeneem word - is al in 2017 gesmee, en eerskomende Saterdag, 19 September, sal die lede van die eiendomsagentskap weereens hulpbronne saamvoeg met 'n "Adoption Day" spesifiek daarop gemik om te kyk hoeveel honde hulle aangeneem kan kry. Die fokus is veral op die honde wat al lank wag op aanneming, sowel as baba hondjies. Op die dag kan enige iemand wat klein baba hondjies het hulle na Wollies bring om aangeneem te word. Die hele Just Imagine span, hul vrouens en kinders gaan die dag spandeer aan die was en mooi maak van die honde, met die hoop dat soveel moontlik aangeneem sal word. Die spanlede gaan dan ook foto's laat neem saammet die hondjies om op hulle Facebook blaaie te plaas om verdere bewustheid te skep. Die Just Imagine Eiendomme "Dream Team", met die hulp en bystand van talle borge, het al die reëlings vir die dag gemaak.

Die nasionale grendel wat sedert Maart in effek is, het uitreikwerk moeilik gemaak, maar, volgens Just Imagine Eiendomme prinsipaal Theo Erasmus, maak die firma ten volle gebruik van die nuut-ontspanne inperkingsregulasies om by dié liefdadigheidsprojek betrokke te raak.

"Dié is 'n doel wat baie na aan ons hart lê," sê Erasmus. "Ons korporatiewe kultuur is gebou op 'n sisteem van waardes, en dit sluit in om terug te gee en ons deel te doen".

Die Dream Team, onder die leiding van Erasmus se vrou, Erika, doen al die laaste ses jaar goeie werk in en om die gemeenskap.

Wollies is in 2003 gestig, met die aanvanklike doel om soveel diere as moontlik te steriliseer; vandag is die organisasie 'n volskaalse bedryf wat sowat 1100 diere huisves, insluitende dié wat verlaat, verwaarloos of mishandel is.

Soos Mahatma Ghandi gesê het "die goedheid van 'n nasie kan geoordeel word op hoe hulle diere behandel word", en uithelp pogings soos dié aangewend deur Just Imagine 'n gunstige lig op die samelewing as geheel.

"As eiendomsagente, is ons natuurlik baie lief vir mense," meen Erasmus "maar ons visie en missie strek verder om alle lewende wesens in te sluit. Ek voel om hoop te bring is 'n integrale deel van wat ons doen in ons veld".

Author: Charl Mijnhardt

Submitted 19 Sep 20 / Views 1723