🏡 ONTMOET ONS SPAN | Just Imagine Properties.
Pierre Mouton — Die Hart van Just Imagine Properties.
As daar een naam is wat onlosmaaklik verbind is aan Just Imagine Properties, is dit Pierre Mouton. Hierdie Sinoville-seun — gebore en getoë in dieselfde geliefde buurt waar hy nou al 58 jaar woon — is sedert 2008 'n pilaar van ons span. Pierre is 'n man wat nie net eiendomme verkoop nie, maar lewens verander deur mense te help om hul drome te verwesenlik.
Van Boksring tot Eiendomsbedryf 🥊🏡
Min mense weet dat hierdie saggeaarde gentleman in sy jonger jare vier jaar lank geboks het! Die dissipline, deursettingsvermoë en vegterskrag wat hy in die ring geleer het, dra hy vandag nog saam in sy loopbaan. Pierre het in die eiendomsbedryf beland toe hy 'n aanbod ontvang het om Prinsipaal te word vir Pam Golding in Montana — en die res, soos hulle sê, is geskiedenis. Vandag is hy 'n erkende spesialis in residensiële verkope in die Montana, Pretoria omgewing en een van die mees gerespekteerde name in die bedryf.
'n Leier Binne en Buite die Bedryf 🏆
Pierre se invloed strek ver verder as eiendomsverkope. Hy het vir verskeie jare gedien as die Voorsitter van die Instituut van Eiendomsagente in Suid-Afrika (Gauteng Noord) — 'n bewys van sy toewyding en respek binne die industrie. Vir Pierre is eiendom meer as net 'n transaksie — dit is 'n voertuig om netwerke te bou en mense se lewens te verbeter.
Die Oomblik Wat Dit Alles Werd Maak ❤️
Vra vir Pierre wat die beste deel van sy werk is, en hy sê met opgewondenheid: "Die koper se happy face as hulle die sleutels kry vir hulle nuwe eiendom." Ná meer as 20 jaar in die bedryf is dit steeds dié oomblik wat hom elke môre laat opstaan en gaan werk.
Gesinsman deur en deur... 👨👩👧👧
Pierre is 31 jaar getroud met die liefde van sy lewe, Jeanne — sy regterhand, sy vennoot in die besigheid, en 'n vername kok wat sorg vir ongelooflike lekker kos en familie en vriende kuiers by die Mouton huis. Saam is hulle 'n gedugte span. Hulle is die trotse ouers van twee pragtige dogters, Loren en Linda — en die trotse eienaars van een baie gelukkige hond! 🐶
Linda is getroud met niemand minder nie as Ruan Nortje — kaptein van die Blou Bulle en gesogte Springbok slot.🏉
'n Hart vir Ander 🙏
Wanneer Pierre nie besig is om eiendomsdromes waar te maak nie, gee hy terug aan sy gemeenskap. Hy spandeer sy vrye tyd graag om ander te help deur sy kerk en as die trotse Voorsitter van Sungardens Hospice — want vir Pierre gaan die lewe oor mense, nie net eiendom nie.
En natuurlik — geen naweek is volledig sonder Pierre se legendariese chicken livers en potjiekos nie. 🍲🔥 Dié wat al saam Pierrr geëet het, sal bevestig: die man kan kook!
Pierre Mouton — agent, leier, bokser, gesinsman, gemeenskapsdienaar, en kok.
Ons is trots en dankbaar om hom deel van die Just Imagine Properties familie te noem. 🏡✨
"Eiendom is vir my nie net 'n werk nie — dit is 'n voertuig om netwerke te bou en mense se drome waar te maak."
— Pierre Mouton
Just Imagine Properties — https://wa.me/27845567812